Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Tuis

Mar/Apr 2025
Magazine

Tuis is ’n praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin wat lesers in staat stel om hulle blyplekke mooi te maak, en die waarde daarvan te laat toeneem – binne én buite. Die tydskrif maak die lewe makliker vir mense wat ’n huis wil koop, bou of opknap, of lus is vir tuinmaak, kosmaak of mooimaak. Tuis wys nie net mooi goed nie – ons verduidelik ook wat waarde sal toevoeg tot jou eiendom, en hoekom. Die tydskrif bied bekostigbare en toeganklike keuses aan lesers, hulp met selfdoenprojekte, en raad vir opknapwerk. Dis vir gewone mense – mans én vroue – met gewone lewens, gewone loopbane en gewone huise; mense wat graag hulle eiendomme wil verbeter, en dit moet doen op ’n begroting.

HALLO

Tuis

Ons lesers sê • Stuur ’n e-pos na redakteur@tuis.co.za en skryf in die onderwerpreël: Brieweblad. Gesels saam by tuis.co.za of facebook.com/tuistydskrif, of volg ons op Instagram by @TuisHomeMag. Verstrek asseblief jou naam en van, asook die naam van jou dorp, wanneer jy aan ons skryf.

Wat’s nuut

Klein maar getrein! • Die wenners van Klein Paradys op kykNET is R1 m. ryker, en as mens kyk na hul mikrohuis, is dit geen verrassing nie! Soveel vars idees. . .

Bederfhuis vir huurders • Twee gesinne het koppe bymekaar gesit om ’n luukse huurhuis te bou en in te rig – en dit is net die begin.

Van Bosveld-bruin tot KLEURVOL kunstig • Muurpapier, handgemaakte teëls en speelse meubels maak dié Pretoria-huis ’n begeerlike tuiskomplek.

Natalie SE KALIMERA-DROOM WORD WAAR • Meer as twee dekades moes sy op haar wit-en-blou Griekse huis wag voor sy dit op Mosselbaai gekry het.

Dis in die detail • Sorgvuldige aandag aan kleur, tekstuur, toebehore en afwerking laat dié kombuise uitstaan bo die res.

MAAK GELD MET JOU HUIS! • Na die reusesukses met Airbnb in 2018 doen ons dit weer met die tweede Tuis | Home ‘Home Sharing’-konferensie, aangebied in vennootskap met Mr Price Home.

WEN R100 000 SE KOMBUISKASTE! • Wys jou ontwerpvernuf in die Milestone Kitchens Dream Design- kompetisie.

INSPIRASIE UIT ’N A-raam • ’n Avontuurlike paartjie het ’n piepklein houthuisie in die Skandinawiese styl ontwerp en dit eiehandig in ’n woud hoog bo hulle familieplaas naby Tulbagh gebou.

Vra die kenners • Wil jy weet hoe om stillewes in die huis te skep of wil jy meer patrone en kleure in jou dekor gebruik? Vra net – ons kry die antwoorde.

Diere- maniere

Tuindagboek

Eetbare wortels en spruite!

BLOKRAAI #182

Waterwyse skoonheid • Waar voorheen rose was, het Linda Alberts plakkies vir haar stadstuin gekies.

‘n Lewende ERFENIS • ’n Avontuurlike paartjie wat die stad vir Mpumalanga verruil het, benut die geleentheid om irisse kommersieel te kweek met oorgawe.

Nostalgie NUUTGEMAAK • Roer ’n lepeltjie miso by jou hoenderpasteisous, bak die tamatietert verkeerde kant om, rooster die rys vir ’n bros rysslaai, maak lasagne sonder pasta... En kyk, die kluitjies in die sop is kaal!

Kos is op die tafel!

Kos & drank

Stoute oupas (en oumas wat hul bra’s verbrand) • Die probleemkinders van ons tyd is toe nie kinders nie, skryf Karin Brynard.

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans